Fishrot skop (weer/steeds) af
Daar is oneindige hoop dat die Fishrot-verhoor vandag sal afskop na dit Dinsdag weer uitgestel is, die keer omdat regter Moses Chinhengo nie beskikbaar was nie. Die verhoor sleep voort met voortdurende regsdispute. Chinhengo het die beskuldigdes, insluitend voormalige ministers Sacky Shanghala en Bernhardt Esau, verlede jaar aangemoedig om regsverteenwoordiging te verkry. Die beskuldigdes het die regter se aanstelling betwis en aangevoer dat dit ongrondwetlik is, maar die regter het sy gesag behou tensy ‘n hoër hof anders besluit. Al die beskuldigdes het onskuldig gepleit.