Die kwessie is nie Ueitele se kwytskelding nie, dis dat hy ‘n regstellende aksie-lening gekry het
Die kwessie van regter Shafimana Ueitele wat kwytskelding gekry het in verband met grondbelasting is in die nuus met Job Amupanda wat verskeie bewerings maak. Maar die werklike kwessie is eintlik die regstellende aksie-lening wat deur hom bekom is om te kwalifiseer vir kwytskelding. Daar is verskeie hooggeplaastes, wat groot verdien, nie net die regter nie, op die lys van die honderde wat kwytskelding gekry het, saam met talle hervestigde boere. Regstellende aksie-lenings deur Agribank bied ‘n langer afbetalingstydperk aan teen baie laer rente en is vir voorheen benadeelde burgers geskep, wat arm is. Selfs oudpresident Hifikepunye Pohamba het so lening bekom toe hy nog grondhervormingsminister was.