Wêreld moet optree in Goma: DRK aktivis
‘n Kongolese jeugaktivis en entrepreneur, Mike Mpanya, bepleit onmiddellike wêreldwye optrede om die voortslepende krisis in Goma, in die Demokratiese Republiek van die Kongo, te beëindig. Mpanya het op die bekendstelling van die Goma Call for Peace in Kaapstad, die situasie beskryf as ‘n menslike tragedie, met onskuldige burgerlikes wat die swaarste getref word deur ‘n konflik wat aangedryf word deur onwettige handel in minerale. Hy het wêreldburgers aangemoedig om te verenig vir vrede, menswaardigheid, vryheid en geregtigheid in die DRK.