Tweemalige Grand Slam-kampioen Simona Halep tree uit
Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Simona Halep, het haar uittrede aangekondig en sê haar liggaam laat haar nie toe om verder mededingend te speel nie. Die 33-jarige Roemeen het haar besluit op die Transsilvaniese Ope bekendgemaak nadat sy in die eerste ronde teen die Italianer Lucia Bronzetti verloor het. Halep, ʼn tweemalige Grand Slam-kampioen, is in Augustus 2022 vir vier jaar geskors weens opkikkergebruik. Dis tot nege maande verminder nadat sy verlede jaar na die Hof vir Arbitrasie in Sport geappelleer het. Halep het tydens haar loopbaan 22 WTA-toer-titels gewen.