Suikerbelasting help nie vetsug nie, veroorsaak net afleggings
SA Suikerrietkwekers sê suikerbelasting kon nie vetsug doeltreffend beveg nie, ondanks aansprake tot die teendeel. Die organisasie sê dit het eerder tot aansienlike werksverliese gelei. Meer as 16 000 werksgeleenthede het verlore gegaan in die eerste jaar nadat die belasting in 2018 ingestel is. Die voorsitter van SA Suikerrietkwekers, Higgins Mdluli, sê gesondheids-aktiviste se volgehoue versoeke aan die finansminister, Enoch Godongwana, om suikerbelasting te verhoog, is misplaas en sal voortbestaan in landelike gebiede verder benadeel.