Solidariteit sal baklei om Agoa te behou
Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrika verkeer in gevaar om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika se handelsvoordele met die Verenigde State van Amerika te verloor weens swak diplomatieke betrekkinge. Die vakbond gee die regering se bande met China, Rusland en Iran die skuld en is van mening beleide soos die Wet op Onteiening veroorsaak spanning met Amerika. Jaco Kleynhans van Solidariteit belowe om vanjaar voort te gaan en steun te werf vir die hernuwing van Agoa om meer as 500 000 werksgeleenthede te beskerm: