Sentrale damme het water gevat, alle oë op Hardap
Volgens NamWater het damme in die sentrale gebied effe invloei gehad sedert Dinsdag. Von Bach se invloei is vanoggend op 1,4 kubieke meter per sekonde gemeet en die dam is tans op 24,8 persent op van 24,6. Swakoppoort het invloei van 4,3 kubiek per sekonde en is nou 24,9 persent vol, op van 24,3. Oanob by Rehoboth is nou 33,1 persent vol vanaf 32,9 persent. Intussen word invloei by Hardapdam teen môre verwag, soos die voorsitter van die Hardap-boerevereniging Dawie de Klerk verduidelik.