SA behuisingsprogram dalk ‘gemanipuleer’

Die GOOD-party sê hy is bekommerd dat die land se behuisingsprogram gemanipuleer word terwyl sommige desperaat en dakloos op die waglys bly. Doreen Carolissen van die party sê in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap is inwoners wat titelaktes ontvang het, maar dan die huise verhuur en nie daarin woon nie. Sy sê die praktyk is onregverdig teenoor duisende mense wat wag op hul behuisingsgeleentheid.