Regering bied nuwe veiling vir stokvis, maasbanker

Die ministeries van finansies en visserye nooi gesamentlik bieërs uit om te bie vir onderskeidelik 5 000 metrieke ton stokvis en 23 708 metrieke ton maasbanker. Die veiling volg op verlede jaar se verkoping, waarin die regering 13 584 ton maasbanker en 1 000 ton se monnikvis aangebied het. Die kabinet het ‘n totale toelaatbare vangs van 270 000 metrieke ton maasbanker in die 2024-visseisoen goedgekeur. Dit is ‘n afname van die 290 000 ton toelaatbare vangs wat in 2023 goedgekeur is en 330 000 metrieke ton in 2022.