Palestyne bly in Gaza: Saoedi-Arabië

Saoedi-Arabië sê hy sal nie bande met Israel vestig sonder die skepping van ‘n Palestynse staat nie, wat president Donald Trump se bewering weerspreek dat Riyadh nie ‘n Palestynse tuisland eis nie. Trump sê die Verenigde State sal Gaza oorneem nadat Palestyne elders hervestig is en dit ekonomies ontwikkel. Saoedi-Arabië verwerp enige pogings om die Palestyne uit hul grond te verplaas, het Saoedi-Arabië se ministerie van buitelandse sake vandag in ‘n verklaring gesê en bygevoeg dat sy houding teenoor die Palestyne nie onderhandelbaar is nie.