Druiwebedryf vertoon baie goed
Namibië se druiwebedryf vertoon baie goed en het in Desember 815,4 miljoen Namibiese dollar in uitvoere verdien terwyl 2,3 miljoen dollar se druiwe, primêr uit Suid-Afrika ingevoer is. Nederland en Brittanje was die top-bestemmings vir druiwe-uitvoere. Druiwe was die kommoditeit van die maand in die handelsbulletin van die Namibiese Statistieke-agentskap vir Desember. Die bedryf kom gereeld onder skoot vir die riethuise waarin werkers by veral Aussenkehr moet woon en daar is ook druk van produsente met die lae vlakke in die Oranje-rivier as gevolg van die buurland wat vloei in die gebied reguleer deur die Vanderkloof-dam.