Calle keer vir Omaheke-boere se water
Calle Schlettwein, sê voorgestelde mynbou- en energie-intensiewe projekte in die Omaheke-streek moet geïmplementeer word op ‘n wyse wat die volhoubaarheid van skaars natuurlike hulpbronne, soos water, verseker. Die lynminister het die aanmerkings by die watersimposium op Keetmanshoop gemaak en sê terwyl die projekte na verwagting aansienlike ekonomiese groei sal aandryf moet hul ontwikkeling die omgewingsimpak noukeurig oorweeg, veral met betrekking tot waterbronne.