Agribank se gratis, openbare lesings vir boere, hervat

Agribank is tans besig met openbare lesings om boere op te voed oor verskeie boerdery-onderwerpe wat wissel van gewasse tot veeboerdery. Elke maand stel hulle ‘n nuwe skedule vry vir opleiding in verskeie streke. Die lesings is gratis en oop vir die publiek, maar mense moet betyds opdaag want plekke word gou gevul. Meer inligting is op hul webwerf en sosiale media platforms beskikbaar. Erastus Ngaruka, tegniese adviseur by Agribank, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die onderwerpe wat gedek word, word gebaseer op die boere se behoeftes.