Water en volhoubaarheid onder die loep in Keetmans

Kundiges in die land se waterbedryf en staatsamptenare is byeen op Keetmanshoop vir die tweede Namibiese Streekswatersimposium. Die geleentheid, wat oor drie dae strek, word onder die tema Watersekerheid: ‘n Generasie-mensereg vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling. Die simposium fokus op samewerking tussen belanghebbendes en vennootskappe wat daarop gemik is om oplossings te ontwikkel om waterskaarste en volhoubaarheid in Namibië aan te spreek. Dit kom na ‘n uitgerekte droogte die land lamgelê het en miljoene gekos het in droogtehulp en meer.