Skietstilstand in oostelike DRK? 

Die Reuters-nuusagentskap berig dat die Oos-Kongo-rebelle-alliansie wat die M23 insluit, het om humanitêre redes ‘n wapenstilstand verklaar wat vandag begin. Die groep, ook bekend as die Kongorivier-alliansie, het ‘n verklaring uitegereik. Die alliansie het bygevoeg dat hy nie van plan is om Bukavu, Suid-Kivu se provinsiale hoofstad, te verower nie, nadat hy verlede week op die Kongo se grootste oostelike stad Goma beslag gelê het.