Reuse-suksesse deur Erongo-polisie in 12 daeFebruary 4, 2025

Die Erongo-polisie het tydens ‘n spesiale twee-week operasie dwelms en ander items ter waarde van 625 000 Namibiese dollar gekonfiskeer op Walvisbaai. Daar is 37 mense gearresteer. Die polisie sê 28 mense is in hegtenis geneem vir die besit van dagga ter waarde van net meer as 200 000 dollar en 15 is vas vir Mandrax ter waarde van amper 149 000 dollar. Dertien is gearresteer vir 28 000 dollar se crack-kokaïen en drie vir 18 000 se metamfetamien. Drie mense is aangekla van geldwassery na hulle in besit van amper 30 000 dollar in kontant gevind is en talle selfone, onwettige sigarette, Angolese whiskey, skootrekenaars en meer is gevind. Al die goedere het ‘n waarde van 120 000 dollar.