Presidensie looi AfriForum oor sy onteieningstandpuntFebruary 4, 2025
Die Presidensie het AfriForum gekritiseer oor sy standpunt oor die Onteieningswet en sê dit stel voortdurend nie net Suid-Afrika se posisie nie, maar ook sy wetgewing verkeerd voor. Dit is in reaksie op die organisasie se opmerkings oor die Amerikaanse president Donald Trump se dreigement dat Amerika alle befondsing aan Suid-Afrika oor sy onteieningsbeleid sal staak. AfriForum het ’n beroep op Trump gedoen om eerder senior ANC-leiers te straf en nie die burgers nie. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het aan Newzroom Afrika gesê AfriForum veg teen die Grondwet: