PDM-leier Venaani bring hulde aan Geingob
Namibië het op 4 Februarie 2024 ‘n leier verloor wat ‘n deurslaggewende rol gespeel het in die vorming van die land se bestuur. Wyle president Hage Geingob se invloed het verder as Namibië gestrek, veral tydens sy ampstermyn as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Die PDM-leier McHenry Venaani was een van die kisdraers by Geingob se staatsbegrafnis. Kosmos 94.1 Nuus het met Venaani gepraat, wat hulde bring.