Niks vreemd aan Swapo-kongres nie
Die Swapo sentrale komitee-lid Ephraim Nekongo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die opkomende buitengewone kongres wat op 28 Februarie plaasvind. Daar is uitdagings met verskeie Swapo-veterane wat sê dit moes drie maande na Hage Geingob se dood gehou word en Jerry Ekandjo wat meen die partypresident moet verkies word en nie, soos die party beplan, onderskryf word nie. Daar is ook geen woord oor ‘n vise-president vir die party nie. Nekongo sê die party se Grondwet word gevolg.