Medvedev en Tsitsipas deur na Rotterdam Ope se tweede rondeFebruary 4, 2025
Die 2023-kampioen Daniil Medvedev is deur na die tweede ronde van die Rotterdam Ope in Nederland. Die Rus was ʼn stel agter, maar het ingehaal en die 2015-kampioen, Stan Wawrinka van Switserland geklop. Medvedev kom nou teen die Italiaanse kwalifiseerder, Mattia Bellucci, te staan. Die sesde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland het die kwalifiseerder, Harold Mayot van Frankryk verslaan. Intussen het die Pool, Hubert Hurkacz, die Italianer Flavio Cobolli afgeransel en die vyfde agtereenvolgende jaar na die tweede ronde deurgedring.