Man City bestee R4,18-miljard aan nuwe kontrakte
Sokker: Manchester City het verlede maand 4,18-miljard Namibiese dollar bestee nadat hy ʼn kontrak van 698-miljoen-dollar aangegaan het met die Spaanse middelveldspeler, Nico Gonzalez. Dit is die twee grootste besteding in die Januarie-venster na die 6,3-miljard-dollar wat Chelsea in 2023 uitgegee het. Gonzalez, wat van Porto oorkom, is die vyfde speler wat City in die huidige venster gekontrakteer het. Die 23-jarige sê hy wil homself in Engeland beproef en glo City is die beste span vir hom om dit te bereik. Hy glo hulle spelers is van wêreldgehalte.