Huldeblyke stroom in vir SA sakeman Douw Steyn
Steyn City het die afsterwe van sy visioenêre stigter, miljardêr-sakeman, Douw Steyn, op die ouderdom van 72 aangekondig. Hy word onthou as ‘n uitsonderlike entrepreneur wat ‘n wêreldwye sakeryk opgebou het en diep verbind gebly het tot Suid-Afrika. Dit sluit maatskappye soos Auto and General in. Toe oudpresident Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is, het hy in Steyn se huis in Johannesburg tuisgegaan. Die huis het later die Saxon-hotel geword. Sy familie versoek in hierdie tyd privaatheid. Skenkings in sy nagedagtenis kan aan die voedselsekerheidsprogram by Diepsloot gemaak word. Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief reaksie gekry van die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt.