GOOD vra stappe teen regse politici na Trump se uitlatings

Die GOOD-party vra vir stappe teen diegene wat vals inligting versprei oor die Onteieningswet wat gelei het tot Amerikaanse president Donald Trump se uitlatings oor beslagneming van grond. Hulle kritiseer regse politici dat hulle Trump mislei en dat dit die ekonomie bedreig. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron sê alhoewel die wetsontwerp nou as wet aanvaar is, is dit nog nie geïmplementeer nie en is ontwerp om eiendomsregte te beskerm.