China reageer met sy eie tariewe
China het Dinsdag tariewe op Amerikaanse invoere geplaas in reaksie op nuwe Amerikaanse heffings op Chinese goedere. Die land se finansministerie sê hy sal heffings van 15 persent oplê vir Amerikaanse steenkool en gas en 10 persent vir ru-olie, plaastoerusting en sommige motors. Die nuwe tariewe op Amerikaanse uitvoere sal op 10 Februarie intree. China het ook gesê dat hy ‘n teen-monopolie-ondersoek na Alphabet Incorporated loods terwyl beide PVH Corporation, die beheermaatskappy vir handelsmerke insluitend Calvin Klein, en die Amerikaanse biotegnologiemaatskappy Illumina op sy onbetroubare entiteite gelys is.