Wêreld se grootste banke takel steeds nie klimaat nie
Die wêreld se grootste banke maak vordering om kwessies oor klimaatsverandering te takel. Die finansieringskoers vir lae-koolstof-energie het in 2023 effens gestyg van 0,89 tot een, maar is ver onder die netto-nul-teiken van vier tot een teen 2030. Dit is volgens die jongste BloombergNEF-data. Chinese banke oorheers die steenkoolbefondsing en onderskryf 66-persent van die geld wat in 2023 na dié sektor gegaan het. Amerika was tweede, gevolg deur Pakistan en Singapoer.