VSA-owerhede berei voor om wrakstukke uit Potomac te verwyder

Owerhede in Washington berei voor om die wrakstukke van die American Airlines-straler en die Black Hawk-helikopter uit die Potomac-rivier te verwyder. Daar is 67 mense in die gru-ramp dood, almal aanboord beide vaartuie, maar tot op hede is net 55 liggame gevind. Die hoof van Washington DC se nooddienste John Donnelly sê almal sal gevind word.