Uirab sê plaaslike inhoud-beleid moet wet word

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid het die regering gevra om die inwerkingstelling van wetgewing rakende plaaslike deelname in die land se olie- en gas-sektor te versnel. Die Kamer se president Bisey Uirab het die behoefte beklemtoon om die bestaande plaaslike inhoudsbeleid in wetgewing om te skakel om te verseker dat Namibiërs voordeel trek van die vinnig groeiende bedryf. Volgens Uirab is die regulering van die sektor uiters dringend sodat plaaslike maatskappye voordel trek uit die stroomop sektor van die bedryf.