Tucna-SG sê vertroue in GRN se hantering van olie en gas is gebreek
Reaksie word ontvang op die standpunt van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid wat meen die inwerkingstelling van wetgewing rakende plaaslike deelname in die land se olie- en gas-sektor moet versnel word. Die Kamer se president Bisey Uirab het die behoefte beklemtoon om die bestaande plaaslike inhoudsbeleid in wetgewing om te skakel om te verseker dat Namibiërs voordeel trek van die vinnig groeiende bedryf. Die Namibiese vakbondkongres, Tucna, se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê vertroue in die stelsel is gebreek.