Trump stel sy visier op Suid-Afrika, rand verswak
Donald Trump het sy visier op Suid-Afrika. Die rand het met amper 1,7 persent teruggesak. Op sy Truth Social-platform skryf hy dat die land sekere klasse mense baie sleg behandel en dat die radikale linkgesinde media – dit in sy woorde – nie daaroor wil rapporteer nie. Hy beskryf dit as ‘n reuse menseregteskending en sê die VSA sal nie daarvoor staan nie. Hy voeg by hy sal alle toekomstige befondsing aan die land opskort tot die saak ondersoek is.
Suid-Afrikaanse ekonoom Johann Biermann sê dit is nie net ‘n Suid-Afrikaanse storie nie. Almal verkoop na Trump se tariewe en Bitcoin is ook af met 8 persent na net onder 94 000 Amerikaanse dollar.