Straf ANC, nie SA burgers, vra AfriForum
Die burgerregtegroep AfriForum beoog om die Amerikaanse president, Donald Trump, te vra om potensiele strafmaatreëls op ANC-leiers toe te pas en nie op Suid-Afrikaanse burgers nie. Dit volg nadat Trump Suid-Afrika beskuldig het van grondgrype en menseregteskendings. Kallie Kriel van AfriForum versoek die Suid-Afrikaanse regering om die Onteieningswet te wysig om eiendomsregte te beskerm en waarsku oor ekonomiese gevolge.