Rehoboth se dwelm-uitdagings bewys in misdaadbulletinFebruary 3, 2025

Die Namibiese polisie het weer talle dwelmbeslagleggings gemaak en in sy jongste misdaadverslag is vyf uit die ses gevalle op Rehoboth. Die bedrae is klein, onder 1 000 Namibiese dollar behalwe vir een waar dwelms van 4 250 dollar gevind is. Dagga en Mandrax oorheers die beslagleggings. Kosmos 94.1 het verlede week met gemeenskapsleier, Manfred Draghoender oor die uitdaging op die dorp gepraat.

Nog ‘n dagga-plantasie is gevind, die een met 21 plante by ‘n 47-jarige man se huis op Blikkiesdorp, Grootfontein. Die waarde is net onder 20 000 dollar beraam.