Opdatering oor Nujoma ‘wanneer dit nodig is’ – Hengari
Die woordvoerder van die Namibiese Presidensie Alfredo Hengari sê ‘n verklaring oor stigterspresident Sam Nujoma se gesondheid sal gemaak word wanneer dit nodig is. Die Engelse dagblad The Namibian berig dat sy seun Utoni bevestig het sy pa is stabiel. Die 95-jarige Nujoma is verlede week Woensdag in Lady Pohamba opgeneem en tot op hede is daar nog geen openbare verklaring oor sy toestand nie. President Nangolo Mbumba het Vrydag se SAOG-beraad misgeloop om tuis te bly oor Nujoma se hospitalisering. Nujoma was verlede jaar ook opgeneem, blykbaar vir dialise.