Man kanseleer troue per SMS
Polisie in Hengyang, in die Hunan-provinsie moes ‘n dispuut gaan ondersoek tussen ’n bruid, en wat haar man sou wees! Die polisie is ontbied vir bemiddeling, want die bruid het ontdek dat haar bruidegom op dieselfde dag en plek as hul beplande seremonie met ‘n ander vrou getrou het.
Xiao Qin het Vrydagoggend in haar pragtige rok vir haar verloofde Ah Jun gewag toe sy ‘n SMS kry waarin hy sê sy moet die troue dadelik kanseleer. Hy het aan Xiao Qin, sy meisie van vier jaar, gesê dat hy gearresteer is vir bakleiery en nie in staat was om dit by te woon nie.
Xiao Qin se familielede het egter gou ontdek Ah Jun is nie in die tronk nie en is toe by ‘n ander troue, op presies dieselfde perseel waar hy met ‘n ander vrou trou. Xiao Qin het woedend die polisie gebel. Die polisie het gesê Ah Jun se pa het sy huwelik met Xiao Qin afgekeur en gereël dat hy met ‘n ander vrou trou.Ah Jun het reeds hul huwelik geregistreer sonder dat Xiao Qin dit geweet het.