Herstel van vernietigde Joburg-straat hervat

Die Stad Johannesburg sê die herstel van Lilian Ngoyistraat is weer op dreef na die gasontploffing van Julie 2023. ‘n Nuwe kontrakteur, Korone-ingenieurswerke, is aangestel na ‘n skikking met die vorige kontrakteur. Die eerste fase is geskeduleer om in Augustus vanjaar afgehandel te wees, terwyl die tweede fase in Augustus volgende jaar voltooi te wees. Burgemeester Dada Morero het die media ingelig dat die projek 80 werksgeleendhede sal skep en 28 klein ondernemings sal steun.