Goewerneur gesels oor malaria-uitbreking in Ohangwena
Die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat na sy streek ‘n malaria-uitbreking verklaar het. Sedert Januarie vanjaar is 1 709 gevalle in al drie gesondheidsdistrikshospitale in die streek aangemeld, wat die totale aantal malariagevalle vanaf Oktober tot 26 Januarie op 3 898 te staan bring. Hy sê bystand is nodig.