Gaza-skietstilstand moet ten alle koste behou word: Justisie-minister

Namibië en agt ander lande het laasweek in Den Haag bymekaar gekom en het die Den Haag-groep vorm. Dit sal na verwagting gekoördineerde wetlike, ekonomiese en diplomatieke maatreëls aankondig om Israel aanspreeklik te hou vir oortredings van Palestyne se regte. Justisieminister Yvonne Dausab het gepraat or die pad vorentoe en hoe Namibië Suid Afrika verder sal ondersteun in hulle saak by die Internasionale Geregshof. Sy lewer ook kommentaar oor die skietstilstand tussen Hamas en Israel.