Collard gee opdatering oor vordering by Savanna Beef

Daar is goeie vordering by Savanna Beef en die konstruksie van die aanleg net suid van Okahandja gaan voort. Plaaslike media berig dat die maatskappy ‘n verdere 150 miljoen Namibiese dollar van die Suid-Afrikaanse Industriële Korporasie ontvang het. Die abattoir teiken die verslagting van 250 diere daagliks en teiken nie net die Europese mark nie maar ook Asiatiese markte. Savanna het ook reeds ‘n ooreenkoms onderteken met GPS Food Group. Meatco was voorheen die maatskappy se vennoot maar het die ooreenkoms beëindig in 2023 as gevolg van finansiële uitdagings. Savanna se pas aangestelde uitvoerende hoof Ian Collard het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die jongste.