Bom ontplof in luukse Moskou-woonstelblok
‘n Bom het vanoggend in die voorportaal van ‘n luukse woonstelblok in Moskou ontplof en minstens een persoon is dood en vier ander beseer. Die Russiese nuusagentskap TASS berig dit was ‘n aanval op ‘n pro-Russiese paramilitêre leier van Oos-Oekraïne. TASS, met verwysing na wetstoepassingsdienste, het die ontploffing as ‘n sluipmoordpoging beskryf en sê die teiken was Armen Sarkisyan, wat deur die Oekraïne daarvan beskuldig word dat hy Rusland se oorlogspoging in die oostelike Oekraïnse streek Donetsk gehelp het. Sarkisyan is in ‘n kritieke toestand, en ‘n deel van sy been sal blykbaar geamputeer word.