Bejaarde egpaar beroof op Otji

Vyf verdagtes het in die vroeë oggendure van Vrydag toegang tot die huis van ‘n bejaarde egpaar in die nywerheidsgebied van Otjiwarongo gekry. Die 77-jarige vrou en haar man is vasgebind. Hulle is van hulle kluis, wat ‘n pistool, ‘n haelgeweer, ‘n .22 en ‘n 30.06 jaggeweer sowel as 10 000 Namibiese dollar in kontant bevat het, beroof. Die diewe het ook twee selfone en twee skaapkarkasse gesteel en weggekom in die egpaar se voertuig. Die ondersoek duur voort.