Trump soek verkiesing in Oekraïne
Die Verenigde State wil hê dat Oekraïne verkiesings moet hou, moontlik teen die einde van die jaar, veral as Kiëf in die komende maande ‘n wapenstilstand met Rusland kan ooreenkom. Keith Kellogg, Trump se spesiale gesant vir die Oekraïne en Rusland, sê Oekraïnse presidensiële en parlementêre verkiesings, wat tydens die oorlog met Rusland opgeskort is, moet gehou word. Trump en Kellogg het albei gesê hulle werk aan ‘n plan om ‘n ooreenkoms te bemiddel in die eerste paar maande van die nuwe administrasie om die algehele oorlog te beëindig wat met Rusland se volskaalse inval in Februarie 2022 uitgebreek het. Rusland was nog altyd gekant teen Volodymyr Zelensky se presidentskap.