Beurtkrag is opgeskort
Eskom sê sy noodreserwes is genoegsaam aangevul, dus is beurtkrag tot verdere kennisgewing opgeskort . Eskom het hierdie naweek fase 3-beurtkrag ingestel weens ‘n tydelike terugslag, nadat daar vir langer as tien maande geen onderbrekings in die kragtoevoer was nie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena sê beurtkrag is vanoggend om sesuur opgeskort en die kragvoorsiener sal opdaterings verskaf indien enige beduidende veranderings plaasvind: