Trump se tariewe tree vandag in werking
Amerikaanse president Donald Trump het nuwe tariewe van 25 persent op goedere uit Mexiko en Kanada, en ‘n verdere 10 persent op invoere uit China vandag ingestel en sê daar is niks wat die drie lande kan doen om dit te keer nie. Hy het egter net ‘n 10 persent heffing op olie uit Kanada geplaas maar, sê hoër tariewe op olie en gas sal middel Februarie van toepassing wees. Trump sê dit sal in plek bly totdat die lande meer doen het om die vloei van beide migrante en fentaniel oor die Amerikaanse grens te stuit.