Plaaslike ‘wêreldbeker’ van tennis vandag
Die plaaslike ‘wêreldbeker’ van manstennis skop vandag by die Sentrale Tennisklub in Olympia af wanneer die nasionale span Hongkong in ‘n Davisbeker Wêreldgroep II aandurf. Dit is die eerste keer wat die mans Namibië verteenwoordig na verlede jaar se Afrika-groep III in Nigerië gewen het. Wenspanne sal deurdring na nog ‘n groep twee toernooi in September. Kaartjies beloop 100 Namibiese dollar vir volwassenes en 50 dollar vir kinders onder 18 en is op Webtickets beskikbaar.