Beurtkrag is rampspoedig, net voor staatsrede
Die DA sê beurtkrag het ‘n rampspoedige werklikheid geword, met fase drie beurtkrag oor die naweek, slegs dae voor die staatsrede. Die party het verder die tariefverhoging van 12,7-persent veroordeel en sê burgers gaan nou nog meer vir onbetroubare krag betaal. Die DA-lid, Kevin Mileham, bepleit dapper hervormings, insluitend die invordering van munisipale skuld, die skeiding van Eskom se afdelings en die privatisering van kragopwekking: