VSA het talle amperse rampe in die afgelope jare beleef

Die fokus in die VSA het nou verskuif na ‘n uitgebreide ondersoek na Woensdagnag se vlugramp. Daar is berigte dat daar nie genoeg personeel in die beheertoring was nie, by ‘n lughawe wat een van die besigste in die land is. ‘n Afgetrede US Airlines kaptein, en lugvaart veiligheidskenner Chesley Sullenberger sê daar was regoor die VSA talle amperse ongelukke in die afgelope paar jaar.