VN sukkel met humanitêre hulp in Soedan

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê toenemende gevegte en probleme om humanitêre konvooie in Soedan te kry, belemmer vinnige en volgehoue lewering van hulp. Sowat 24,6-miljoen mense staar ernstige voedselonsekerheid in die gesig en 27 plekke reg oor Soedan beleef hongersnood of loop gevaar dat hongersnood uitbreek. Die voedselprogram sê die Rapid Support Forces het ongeveer 40 vragmotors met humanitêre hulp byna drie weke lank teruggehou en nuwe goedkeuring en inspeksies vereis. Hy voeg by daar is die afgelope drie maande groot vordering gemaak om hulp in moeilik bereikbare plekke af te lewer.