UNRWA se verbod moet opgehef word 

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Gutteres, het Israel gevra om sy besluit om te keer om die VN se Hulp- en Werksagentskap vir Palestyne te verbied om in Jerusalem te werk. Hy skryf aan die Israelse regering ‘n beperking op die agentskap se werksaamhede sal ‘n reuse-invloed hê op humanitêre hulp aan die besette Palestynse gebiede. Israel se Parlement het die wetgewing in Oktober aanvaar en dit was Donderdag van krag. Phillippe Lazzarini van die agentskap sê die verbod gaan verskriklike gevolge hê.