Uganda kondig Ebola-uitbreking aanJanuary 31, 2025
Uganda het ‘n uitbreking van die Ebola-virus in die hoofstad Kampala bevestig met die eerste bevestigde pasiënt wat Woensdag gesterf het,. Dis die land se negende uitbreking sedert sy eerste infeksie in 2000 aangeteken is. Die pasiënt, ‘n manlike verpleegster het aanvanklik behandeling by verskeie fasiliteite, sowel as by ‘n tradisionele geneser, gesoek nadat hy koorsagtige simptome ontwikkel het. Vier-en-veertig kontakte van die oorledene is gelys vir opsporing, insluitend 30 gesondheidswerkers. Kontaknasporing kan egter uitdagend wees aangesien Kampala, waar die jongste Ebola-infeksie opgeduik het, ‘n stampvol stad van meer as 4 miljoen mense is en ‘n kruispad vir verkeer na Suid-Soedan, die DRK, Rwanda en ander lande is.