Solidariteit het nuwe plan vir gesondheidsversekering
Die Solidariteit Navorsingsinstituut het ‘n nuwe Wetsontwerp op Gesondheidsorg in die Parlement ter tafel gelê as alternatief vir die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, wat volgens hom, onbekostigbaar is. Die wetsontwerp het ten doel om mediese skemas bekostigbaar te maak, met planne op intreevlak wat ongeveer 300 Suid-Afrikaanse rand per maand kos. Theuns du Buisson van Solidariteit sê, anders as die versekering, sal hierdie wetsontwerp nie staatmaak op verhoogde belasting nie, maar op werkgewer- en werknemerbydraes.