SA-vroue Onder-19’s in T20-wêreldbeker finaal

Krieket: Suid-Afrika speel Sondag teen Indië in die eindstryd van die Onder-19-Wêreldbekertoernooi vir vroue in Maleisië. Die jong Proteas het Australië met vyf paaltjies geklop in vandag se eerste halfeindstryd nadat Ashleigh van Wyk vier paaltjies geneem het. Die Aussies is beperk tot 105 vir agt, waarna Jemma Botha die beste telling van 37 vir Suid-Afrika aangeteken het. Hulle het die teiken bereik met 11 balle oor. Indië het Engeland in die tweede halfeindstryd beperk tot 113 vir agt en binne 15 boulbeurte met nege paaltjies gewen.